Blare amper ovaal, donker tot liggroen. Taai ronde vruggies, van geel, oranje tot rooi, sit op voëls se bekkies vas of word binne minute uitgeskei om so na die volgende gasheer gedra te word waarop hulle ontkiem.
Parasities. Selde bewei.
Gebruik om tee te trek en sap word op vratte gesmeer.