← Terug na alle plante
Foto van Skoenveterbos

Skoenveterbos

Crassula muscosa var. muscosa

Ook bekend as: Lizard’s tail

Gefotografeer: Julie 2026 · Winter

Klein sukkulent wat na skoenveters lyk. Variëer in hoogte, maar kan tot 20 cm word. Stammetjies dig gerangskik met klein, vlesige blaartjies simmetries gerangskik. Vermeerder vinnig as diere van die veld onttrek word, wat daarop dui dat dit geredelik gevreet word.

Volop in die meeste droë gebiede van suidelike Afrika in ’n wye verskeidenheid habitatte.