← Terug na alle plante
Foto van Poprosie

Poprosie

Hermannia filifolia

Ook bekend as: Doll's rose, Mooi pleisterbos

Weiding

Gefotografeer: November 2021 · Lente

Laas bygewerk: 8 Julie 2026

Groot struik tot ongeveer 50 cm hoog. Die takke is rooierig en gewoonlik regop. Die lang, smal blare kom afwisselend of in klossies voor. Die rooi, gedraaide blomme sit op lang rooierige stele en vou oop. Blom in die lente en somer ná reën. Word goed bewei; groot bosse in die veld kan ’n teken van goeie veldbestuur wees.