← Terug na alle plante
Foto van Noorsdoring

Noorsdoring

Euphorbia stellispina

Familie
Euphorbiaceae
Kenmerke
Dorings, Vetplant, Melksap

Gefotografeer: Julie 2026 · Winter

Laas bygewerk: 26 Julie 2026

Sukkulent tot 75 cm hoog. Die dik stamme wissel van groen tot grysgroen en bruin na gelang van ouderdom. Elke stam het tot 16 groewe en is bedek met dorings wat ’n kroontjie aan die punt vorm. Die blare is baie klein en val vinnig af. Klein geel blomme kom aan die punte van die stamme voor.

Word nie bewei nie. Die melksap word gebruik om voëls mee te vang.