← Terug na alle plante
Foto van Jakkalsghaap

Jakkalsghaap

Hoodia gordonii

Ook bekend as: Bitterghaap

Gefotografeer: Mei 2024 · Herfs

Stamsukkulent tot 25 cm hoog. ’n Enkele plant kan baie stamme hê, elk met riwwe en bedek met dorings. Bruinrooi, stinkende blomme, tot 75 mm in deursnit, kom naby die punte van die stamme voor en het vyf skerp punte op die blomrand. Anders as sy familielede is hierdie Hoodia-soort oneetbaar, en die Khoisan sê dit is nutteloos, selfs as medisyne. Word nie bewei nie.

Kom voor in Namakwaland, Boesmanland, die Groot Platorand, die Noord-, Bo-, Groot en Tankwa Karoo, die Noord-Kaap en Namibië — in vlaktes en rante.