Struikie tot 60 cm hoog. Blare teenoorstaande, klein en ylverspreid op relatief lang stammetjies. Bruin blomme is in die vorm van ’n kruis en is nie maklik te sien nie. Vroeër baie deur die Voortrekkers gebruik om hulle linne, leer en meubels mee te kleur. Goed beweid.
Kom voor in Namakwaland, Boesmanland, Groot Platorand, Bo-, Groot- en Klein-Karoo, Suid-, Oos- en Noord-Kaap, Oranje-Vrystaat, Natal, Transvaal, Botswana en Namibië; in vlaktes, voorskootveld, rante en berghange.